Schink Die Ware Wenner

Meer oor ons

Bou karakter - een storie op 'n slag.

Ons hoop om vir gesinne 'n veilige plek te bied waar hulle stories kan ontdek wat kinders en ouers versterk. Elke storie dra waardes, lewenslesse en sleutels wat help om deure in die lewens van kinders oop te maak.

In 'n wereld waar ouers nie altyd kan vertrou wat vir kinders gemaak word nie, wil ons 'n rusplek wees - 'n plek waar kreatiewe, opbouende en veilige inhoud kinders toerus om vandag en more staande te bly.

Bou saam met ons - vir jou kind en vir kinders oraloor.

Martin Schwella profiel foto

Martin Schwella

Stigter, Schink

Ons missie

Ons skep veilige, opbouende stories en kuns vir gesinne, wat kinders en ouers toerus met gesonde waardes, lewenslesse en karakter.

Ons visie

Om gesinne regoor die wereld te "voed" met stories wat inspireer, leer en versterk. Ons droom is om Schink Stories uit te bou van oudiostories na boeke, musiek, video en animasie - alles met dieselfde waarborg: veilig, heilsame vermaak vir kinders.

Ons waardes

  • Kreatiwiteit - Ons glo elke storie is 'n unieke kunswerk.
  • Inspirasie - Ons wil hoop en geloof kweek in elke kind en ouer wat luister.
  • Gesinne - Alles wat ons doen, bou sterker families.

Ons Belofte aan Ouer & Kind

In 'n wereld waar jy nie meer alles kan vertrou wat vir kinders gemaak word nie, staan ons vas: Schink Stories is veilig, opbouend en geskik vir enige ouderdom.

Schink Panda

Wees deel van ons reis

Wees deel van ons reis: Deel ons stories en laat ander ouers weet van Schink.

Help ons groei: Ons droom is om ook boeke, musiek en animasie te publiseer.

Dra by

SCHINK PTY. LTD.
Absa Current Account
4093095923
Branch 632005

Wat ouers se

Ek love al Schink se stories. Dit is in goeie taal en daar is 'n goeie lessie in elke storie. Maar, ek love Georgie se Radio want in die huis kan dinge loud raak.

- Renske
Arbeidsterapeut

Lief lief! Ons drie oudste kids se GUNSTELING! Schink Stories maak bedtyd 'n tyd om na uit te sien. My drie-jarige se woordeskat het so verbeter vandat hy saam luister. Ons sien na nog baie stories!

- Sivonne

My dogtertjie was skaam om by haar maaitjie te gaan kuier en toe se sy dat sy soos Grotman Grootman moet gaan. Dit is so mooi. Schink Stories help regtig kinders. Dit is wat mens wil he

- Elmarette

Wie ons is

Martin en Simone Schwella

Ons is Martin & Simone

Ons is self ouers van vier en geniet dit vreeslik om stories met ons kinders te deel. Dit maak ons ook opgewonde om te sien hoe stories 'n werklike impak op ons kinders se lewens het.

Ons wens vir Schink Stories is dat dit jou kinders ook sal help - sal help om te oorwin in situasies wat hulle by die skool, by die huis of net daar waar hulle hulself bevind te oorwin.

Ons glo in stories wat motiveer, leer en inspireer.

Ons hoop julle sluit by ons aan vir storietyd.

Sien julle daar!

Motiveer. Leer. Inspireer.

Sluit aan op Schink Stories
An unhandled error has occurred. Reload x

Rejoining the server...

Rejoin failed... trying again in seconds.

Failed to rejoin.
Please retry or reload the page.

The session has been paused by the server.

Failed to resume the session.
Please retry or reload the page.